Sikloon Tauktae: 47 bemanningslede van vragskuit vermis

Sewe-en-veertig bemanningslede van ‘n vragskuit wat deur die Indiese olie- en aardgas onderneming bedryf word, is steeds vermis na wydverspreide vernietiging as gevolg van die sikloon Tauktae. Dit is die sterkste storm ooit aangeteken aan die weskus van Indië, en die dodetal staan tans op minstens 40. Die vloot het 188 bemanningslede uit die vragskuit gered en 26 liggame gevind nadat dit in ‘n olieveld langs die kus gesink het. In die binneland is daar meer as 236 000 mense na duisende noodkampe ontruim.