Sien? Wyn is goed vir jou!

‘n Nuwe studie wys alkohol-vrye wyn kan dieselfde gesondheidsvoordele inhou as die ware Jakob. Navorsers aan die Anglia Ruskin-universiteit in Brittanje sê die voordele lê in die druiwe, nie in die alkohol nie. Volgens media, het die span inligting ingesamel van byna 450 000 mense tussen die ouderdomme van 40 en 69. Koronêre hartsiektes was 40 persent laer onder diegene wat elke week tot elf glase wyn drink, vergeleke met geheelonthouers en dié wat hulle gereeld vergryp. Dieselfde afname in die risiko is aangetref onder mense wat gereeld wyn drink wat nie alkohol bevat nie.