Shoprite se aankoop van kettingwinkels van Massmart wag op goedkeuring van die Mededingings-kommissie

Die Mededigings-kommissie van Suid-Afrika moet nog Shoprite se aankoop van Cambridge Food, Rhino Cash and Carry en Massfresh van Massmart goedkeur. Massmart, wat ook Game en Makro besit, het aangekondig hy verkoop die kettingwinkels aan Shoprite vir 1,36-miljard-rand. Die transaksie sluit 56 kruidenierswinkels in, asook Fruitspot en 12 Masscash Cash and Carry-winkels. Die media berig Massmart sê hy gaan die geld gebruik om skuld te delg, in elektroniese handel te belê en sy algemene goedere, Doen-dit-Self en groothandel kos- en drankwinkels uit te brei.