Shipanga sal die Galdiators aanvoer

Die voormalige Brave Warriors-speler Paulus Shipanga is as nuwe die nuwe afrigter van die Namibiese vroue-sokkerspan aangestel. Shipanga sal na verwagting van 31 Augustus tot 11 September die Brave Gladiators na die Cosafa Vroue-beker in Durban, Suid-Afrika, lei. Shipanga se uitgebreide tegniese ervaring en kundigheid sal hom help in die voorbereidings vir die Cosafa-beker. Shipanga sê hy wil die bal so gou as moontlik aan die rol sit.