Shikongo wen ‘n silwer medalje by die Paralimpiese Spele in Tokio

Nuus van die Paralimpiese Spele: Die Namibiese veteraan-naelloper Ananias Shikongo het
‘n silwer medalje gewen in die finaal van die 400 meter T11-klas vir mans by die Spele in
Tokio in ‘n tyd van 51.14 sekondes. Die Namibiese naelloper Johannes Nambala het
vanoggend eerste gekom in die T13 100 meter uitdun met ‘n tyd van 11,03 sekondes en hy
kwalifiseer dus ook vir die finaal later vandag.