Shifeta: Jeug is die antwoord vir toerisme-herstel in Afrika

Die Namibiese minister van toerisme, Pohamba Shifeta sê dat jeug-bemagtiging in toerisme die sleutel is tot ‘n veerkragtige en volhoubare herstel van die toerisme-sektor ná die Covid-pandemie. Hy het tydens die Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vandag in Windhoek gesê dit is tyd dat Afrika se jongmense toegerus word met vaardighede en kapitaal om die toerismebedryf te dryf om die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Hy het beklemtoon dat ongeveer 60 persent van Afrika se bevolking jonger as 25 jaar oud is. Shifeta dring daarop aan dat regerings loopbaangeleenthede en entrepreneurskaps-ontwikkeling in toerisme aan die jeug moet verskaf vir betrokkenheid om volhoubare toerisme-ontwikkeling te bevorder.