Shell wil nog 2 tot 10 nuwe putte boor, vra nuwe lisensie aan
Die internasionale olie-reus Shell het te kenne gegee dat sy huidige omgewingsklaringsertifikaat op 17 Augustus vanjaar verval. Die dokument laat toe dat die maatskappy in die PEL39 eksplorasieblok bedrywig is. Shell sê hy sal aansoek doen vir ‘n nuwe sertifikaat maar met veranderings. Die maatskappy wil ‘n verdere twee tot tien putte boor. Die maatskappy het in Januarie aangekondig dat hy koolwaterstowwe ontdek het in sy Jonker 1-put wat hy in Desember begin boor het. Die put is suidoos van die uiters suksesvolle Graff 1-put in die Oranje-bekken. Koolwaterstowwe is die hoofkomponente van ru-olie en aardgas. Die plaaslike eenheid van Shell bedryf PEL 0039 met ‘n 45 persent belang, saam met QatarEnergy wat ook 45 persent het en Namcor met 10 persent. Die maatskappy vra in sy jongste aankondiging dat rolspelers en belanghebbendes moet registreer teen 3 Maart.