Shell onttrek ook uit Rusland

Die olie-reus Shell sal al sy Russiese bedrywighede staak, insluitend ‘n groot vloeibare gas-aanleg. Die maatskappy is die jongste groot Westerse energiemaatskappy wat die olieryke land verlaat ná Moskou se inval in die Oekraïne. BP het Maandag aangekondig dat hy sy belang in die Russiese olie-reus Rosneft laat vaar het in ‘n stap wat die Britse maatskappy meer as 25 miljard Amerikaanse dollar kan kos. Noorweë se Equinor beplan ook om Rusland te verlaat. Shell het in ‘n verklaring gesê hy sal die vlagskip Sakhalin 2 LNG-aanleg waarin hy ‘n 27,5 persent belang hou, verlaat.