Shebeen-eienaars dien petisie in vir drankverkope

Shebeen-eienaars het in ‘n petisie die Namibiese regering tot Woensdag gegee om antwoord te gee op hulle eise dat drankverkope Saterdae en Sondae kan hervat. Die besigheidseienaars sê hulle kan nie ‘n lewe maak onder die huidige maatreëls nie. Die jongste maatreëls wat drankverkope oor die naweek verbied, is reeds ‘n geruime tyd in plek en verval eers op 15 September. Die shebeen-eienaars sê die wetgewing is onregverdig teenoor hulle omdat casino’s, hotelle en restaurante almal drank mag verkoop. Shebeens mag tans net drank op ‘n wegneem basis verkoop tussen nege-uur soggens en ses-uur saans.