Shannon Wassefall: Azaan is baie jammer

Die moord-beskuldigde Azaan Madisia het haar spyt uitgespreek dat sy nie die polisie of ‘n ambulans ontbied het ná die dood van Shannon Wasserfall op Walvisbaai nie. Die 30-jarige Madisia het haar verklaring in die Windhoekse hoërhof afgelê waar sy saam met haar broer, die 24-jarige Steven Mulundu, van moord aangekla word. Die beskuldigde het Wasserfall se familie om verskoning gevra en gesê dit was nie haar bedoeling nie en dat sy wens sy het vroeër gepraat. Vir Wasserfall se seuntjie het sy gesê sy weet ek nie hoe sy in hom in die oë sal kan kyk nie, en hy lê haar baie na aan die hart. Regter Christie Liebenberg verhoor die saak.