Shaningwa brul oor eenheid by vrouekongres

Die Swapo-party se Vroueraad het sy agtste kongres in die hoofstad gehou. Die party verkeer onder druk en sukkel met verdeeldheid en frustrasie, veral onder sy jonger lede. Die sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het die afgevaardigdes toegespreek en sê die party sal lank na die lede weg is, steeds daar wees en dus is eenheid van kritiese belang.