Shangula is tevrede met nakoming

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, is tevrede met die positiewe houding van Namibiërs teenoor Covid-19-regulasies. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar min mense is wat nog buite die regulasies vir openbare gesondheid optree, maar die meerderheid van die mense hou daarby. Die minister sê verder die reaksie op inenting het ook verbeter en Namibiërs verstaan nou die belangrikheid om ingeënt te word.