Shanghai die warmste in ‘n eeu

Die hoogste Mei-temperatuur in meer as ‘n eeu is in Shanghai aangeteken met die kwik wat tot 36,1 grade Celsius gestyg het. Verskeie provinsies in die suide van China sal na verwagting die volgende paar weke hoë temperature ervaar en weerkenners voorspel weer soos verlede jaar ‘n bloedige warm somer. Talle plekk in die Sichuan-provinsie, wat ‘n bevolking van 80 miljoen mense het, het waarskuwings oor hoë temperature uitgereik, met sommige gebiede wat waarsku teen ‘n maksimum temperatuur van 42 grade Celcius.