Shalulile sorg vir 1-1 teen Kameroen

Die Brave Warriors het 1-1 gelykop gespeel teen die Indomitable Lions van Kameroen in Yaounde. Die wedstryd, een van twee, is deel van die kwalifiserende reeks vir die Afcon-toernooi. Soos verwag, het afrigter Collin Benjamin staatgemaak op Peter Shalulile, en hy het die doel aangeteken. Shalulile, Namibië se duurste sokkerspeler, speel tans in Suid-Afrika vir Mamelodi Sundowns en het agt doele in die afgelope ses wedstryde aangeteken. Die Warriors pak die Lions weer op 28 Maart in ‘n tuiswedstryd wat in Johannesburg gespeel word. President Hage Geingob het ook die span gelukgewens met ‘n uitstekende vertoning.