Sewe waterprojekte kort konsultante

Die Namibiese ministerie van landbou, water en grondhervorming is op soek na konsultante om omgewingsimpak studies te doen ingevolge ‘n nuwe plan vir watervoorsiening. Dit volg na die onlangse bekendstelling van die watersektor se ondersteuningsprogram nadat fondse vanaf die Afrika Ontwikkelingsbank bekom is. Sewe projekte word geteiken. Die projekte is almal in die verre noorde geleë en strek vanaf Ruacana tot in die Zambezi-streek. Die ministerie sê dat die studies en opnames gedoen moet word in lyn met die bepalings van die bank, veral met die beskerming van die omgewing.