Sewe voertuie deur sindikaat gekaap, gevind
‘n Operasie deur Polisie-intelligensie het daartoe gelei dat minstens sewe voertuie wat vroeër deur ‘n sindikaat gekaap is, in Pretoria gevind is. Die adjunk-kommissaris van Polisie in Gauteng, Fred Kekana, sê die voertuie is op verskeie plekke in die land gekaap. Kekana sê 33 onwettige immigrante is ook tydens die operasie ingeneem vir ondervraging: