Sewe vas vir ‘ou’ wildsmisdade

Sewe verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ouer wildmisdade. Die omgewingsministerie sê twee Namibiërs, Festus Amunyela en Mekondjo Tsillinus is op Oshivelo gearresteer op klagte van sameswering om ‘n renoster op 16 Junie vanjaar te stroop. ‘n Angolese burger Ndango Nicolaus is ook agter tralies vir die besit van ‘n ietermagô op 16 Augustus en nog drie Namibiërs, Jonas Gerhard, Petrus Kalenga en Tangeni Jesaya is op Okahao in hegtenis geneem vir sameswering om ‘n renoster op 26 September te stroop. Libonelo Sobozi, ook ‘n Namibiër is vasgestrek na ‘n renoster op 9 Oktober gestroop is.