Sewe tender vir sonkrag-stelsels by lugahwens van Eros en Hosea Kutako

Sewe tenders is ontvang vir die konsultasiedienste vir ‘n uitvoerbaarheidstudie, voorlopige en gedetailleerde ontwerp en voorbereiding van die konstruksie van sonkrag-stelsels by Eros-lughawe in Windhoek en by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, toe die tender by die Namibiese Lughawensmaatskappy in Windhoek gesluit het. Volgens die Tender Bulletin sal die suksesvolle tenderaar aangekondig word sodra tegniese evaluerings van die sewe raadgewende ingenieursmaatskappye afgehandel is.