Sewe-sitplek taxi’s mag pendelaars vervoer – ministerie

Dit wil voorkom asof minibus-bestuurders, wat pendelaars vanaf Rehoboth na Windhoek vervoer, die sogenaamde sewe-sitplek operateurs boelie en hulle verhoed om pendelaars te vervoer. Daar word blykbaar deur die bestuurders beaam dat sewe-sitplek taxi’s nie op die roete toegelaat word nie. Die woordvoerder van die vervoerministerie Julius Ngweda sê dit is snert en sulke gevalle moet aangemeld word.