Sewe mense aangekla vir Krugersdorp-verkragting

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê sewe mense is in die landdroshof in Krugersdorp aangekla van verskeie aanklagte van verkragting, roof met verswarende omstandighede en omdat hulle onwettig in die land is. Die NVG se woordvoerder in Gauteng, Phindi Mjonondwane, sê die aanklagte hou verband met die groepsverkragting in Krugersdorp. Hy sê die aanklagte volg nadat inwoners van Rietvallei, Munsieville en Bekkersdal verlede week betoog en geëis het dat zama-zamas uit hul gebiede verwyder word.