Ses SA partye betrokke by OVK oor verkiesings

Die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof het ses politieke partye se versoeke aanvaar om betrokke te wees by die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek dat Oktober se plaaslike verkiesing tot Februarie uitgestel word. Die ANC, die DA, die Inkatha Vryheidsparty, die African Transformation Movement, Forum 4 Service Delivery en die Makana Independent New Deal word toegelaat om by Vrydag se verrigtinge aan te sluit. Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Freedom Under Law, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede en AfriForum is vroeër as vriende van die hof toegelaat. Die OVK voer aan ‘n vrye en regverdige verkiesing is weens die Covid-19-pandemie nie vanjaar moontlik nie.