Ses Palestyne soldate ontsnap uit tronk

Intelligensiedienste, hommeltuie en helikopters word ingespan om ses Palestynse soldate op te spoor wat uit die Gilboa-tronk tussen die See van Galilea in Israel en Jenin aan die Wesoewer ontsnap het. Daar is geen amptelike bevestiging van hoe hulle ontsnap het nie, maar ‘n foto van ‘n tonnel wat blykbaar gebruik is, doen die ronde op sosiale media. Die rebellegroep Islamic Jihad loof die ontsnapping as ‘n heldedaad en ernstige verleentheid vir die Israeliese Weermag.