Ses Namibiërs nog gestrand in die Oekraïne

Die Namibiese adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gesê haar ministerie is in kontak met die ses Namibiërs wat nog gestrand in die Oekraïne is. Sy het gesê van dié ses Namibiërs, is vyf op pad na die Poolse grens, maar daar word nog aan ‘n veilige roete beplan vir die ander een om uit dié oorloggeteisterde land te kom.