Ses mense sterf in helikopterongeluk in Nepal

Ses mense is dood nadat ‘n helikopter in Nepal neergestort het. Die helikopter van die Manang-lugdiens het by Likkhu, noord van Kathmandu neergestort met vyf Mexikaanse burgers en ‘n vlieënier van Nepal aan boord. Soek- en reddingswerkers het al ses liggame gevind. In Januarie vanjaar is 71 mense dood in Nepal se ergste vliegtuigongeluk in 30 jaar naby die toeristestad Pokhara.