Ses gewapende rowers teiken kluise in Hochland Park-huis

Ses gewapende mans het vanoggend by ‘n woning in Hochland Park ingebreek en het met kluise weggekom. Na wat berig word het die kluise kontant bevat en terwyl daar gerugte is dat ‘n miljoen Namibiese dollar gesteel kon gewees het, sê Nampol se Khomas-bevelvoerder kommissaris Ismael Basson, die bedrag moet nog bevestig word.