Ses Fishrot-beskuldigdes slaag nie met borgtog- appèlsaak

Al die Fishrot-beskuldigdes bly steeds agter tralies. Regters Theo Frank, Jeremiah Shongwe en Kananelo Mosito het vanoggend in die hooggeregshof die borgtog-appèl van ses Fishrot-beskuldigdes van die hand gewys. Hulle is die voormalige minister van justisie, Sacky Shanghala, die voormalige besturende direkteur van Investec, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, die voormalige Fischor-baas Mike Nghipunya, Otniel Shuudifonya en Philipus Mwapopi is. Die groep het geappelleer teen regter Shafimana Ueitele se beslissing in die hooggeregshof op 1 April verlede jaar om borgtog teen te staan.