Serwiese speler kom teen sy rolmodel, Djokovic, te staan 

Die eerste-gekeurde en verdedigende kampioen, Novak Djokovic, speel vandag teen sy Serwiese landgenoot Miomir Kecmanovic vir ‘n plek in Wimbledon se ronde van 16. Die 22-jarige Kecmanovic het albei sy vorige kragmetings verloor teen die speler wat hy as sy rolmodel beskryf. Djokovic hoop om by die Amerikaner Pete Sampras aan te sluit met sewe Wimbledon-titels agter sy naam. Hy speel vandag die 16de keer in die derde ronde op die All England-klub.