Serwië staan Libanon by

Die Serwiese minister van buitelandse sake Nikola Selakovic het besoek afgelê in Libanon en samesprekings met die waarnemende eerste minister, Hassan Diab gevoer. Serwië sal Libanese owerhede bystaan met die huidige krisis wat die land ervaar. Daar is nie genoeg elektrisiteit nie omdat opwekkingsvermoë in duie gestort het. Intussen is daar ook erge brandstof tekorte en dus kan besigheid nie bedryf word nie, kos kan nie vervaardig word nie en water kan nie gepomp word nie. Selakovic het bevestig dat sy regering 40 000 Sputnik V dosisse aan Libanon sal skenk en dat 45 ton voedsel teen volgende maand aan die land geskenk sal word.