September is amnestiemaand

Die Namibiese minister van Binnelandse Sake, Immigrasie,Veiligheid en Sekuriteit Albert Kawana, stel eerskomende Dinsdag September as amnestiemaand bekend. Volgens ‘n verklaring van die ministerie, sal persone wat in besit is van onwettige vuurwapens en ammunisie Septembemaand die geleentheid kry om dit by die polisie in te handig sonder enige vervolging.