Selfone wat in die buiteland gekoop word ook onderhewig aan NamRA, Cran

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê daar moet beheer wees oor wat in Namibië ingevoer word. Dit volg na ‘n lang bespreking op sosiale media oor of ‘n iPhone-toestel wat in die buiteland gekoop is ingebring kan word en of dit werk. Daar was kommentaar dat Cran, die kommunikasie owerheid, toestemming moet gee om die selfone plaaslike te gebruik. NamRA en Cran het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor die regulering en toesig oor die invoer, uitvoer, of die vervaardiging van telekommunikasie-toerusting en posdienste in Namibië. Steven Ndorokaze, hoof-strategiese kommunikasie-beampte by NamRA, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Daar sal na wat berig word, later die week ‘n verklaring in die verband bekend gemaak word.