Seldsame trapsuutjie kort aandag

‘n Span navorsers van die Universiteit van die Witwatersrand, met Krystal Tolley aan die hoof, het Malawi onlangs besoek om na ‘n seldsame verkleurmannetjie-spesie te soek wat dalk reeds uitgewis kan wees. Tolley sê hulle het onlangse satellietfoto’s van die Chapman-dwergverkleurmannetjie se habitat vergelyk met foto’s wat in die 1980s geneem is. Hulle beraam die woude het sedertdien met 80-persent gekrimp. Tolley het weens hiérdie vrees die span daarheen geneem om uit te vind of die verkleurmannetjies steeds in die natuur oorleef, en ‘n waarskuwing gerig: