Sel in Kent ontdek waar swaardvegters en diere voor gevegte aangehou is

Argeoloë van English Heritage het ‘n sel in die geskiedkundige amfiteater in Richborough in Kent ontdek waar swaardvegters en diere vermoedelik voor gevegte aangehou is. Die organisasie sê die amfiteater was ‘n plek van openbare skouspele en vermaak vir die dorp se inwoners. Ontdekkings op die terrein sluit in diere-beendere en persoonlike versierings wat daarop dui dat die Romeinse nedersetting in Richborough tot die einde van die vierde eeu na Christus bewoon is.