Seksuele oortredings in skole moet by misdaadsyfers ingesluit word

Die DA wil hê die buurland se polisieminister Bheki Cele moet seksuele oortredings by skole insluit as ‘n kategorie in die jaarlikse en kwartaallikse misdaadsyfers. Die party se adjunk-skaduminister vir basiese onderwys, Desiree van der Walt, sê sulke oortredings kom neer op statutêre verkragting en moet as sodanig aangemeld word. Sy sê die party gaan by die minister aandring op die insluiting van verskeie nuwe kategorieë na aanleiding van die departement se onlangse verslag oor die hoë voorkoms van tiener-swangerskappe: