Sekere Appletiser-lotte onttrek

Coca-Cola Beverages Afrika het sekere vervaardigingslotte van Appletiser herroep omdat dit nie aan sy produksiestandaard voldoen nie. Luidens ’n verklaring is die probleem in roetine-gehaltetoetse opgetel en Coca-Cola sê die gesondheid en welstand van sy klante is sy hoofprioriteit en daarom is besluit om die betrokke lotte dadelik van die rakke te verwyder. Coca-Cola Beverages Afrika en Coca-Cola Namibia Bottling Company werk saam met die owerhede om te verseker alle nodige prosesse word gevolg terwyl ondersoek ingestel word na die oorsaak van die probleem. Skakel 081 377 8001 vir verdere navrae.