Seaflower-werkers staak, soek 9% verhoging

Die staking by Fishcor se Seaflower-fabriek op Lüderitz duur voort nadat onderhandelings vir ‘n salarisverhoging op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Volgens berigte staak ongeveer die helfte van die werkers nadat hul vakbond, Nasawu, ‘n 9 persent verhoging geëis het en die maatskappy het 6 persent aangebied. Volgens die hoof van Fishcor is die aanbod van 6 persent baie hoër as die gemiddelde verhoging wat plaaslik aangebied word. Die polisie op die kusdorp monitor die situasie.