Sê JA vir die was-wurm!

‘n Wurm kan ons moontlik red van ons plastiek-hel op aarde. Ensieme in die speeksel van die was-wurm kan die tyd versnel wat dit neem vir poliëtileen om af te breek. Internasionale media berig dit kan die antwoord wees op die probleem van plastiek-besoedeling. Spaanse navorsers het gevind dat chemikalieë in die speeksel van die was-wurm die slytasie-bestande materiaal, poliëtileen, afbreek. Hulle navorsing het bevind deur dit aan die wurm se speeksel bloot te stel het dit binne ‘n enkele uur net soveel laat afbreek as na etlike jare van normale blootstelling aan die elemente.