Schlettwein gesels oor jongste oor Ohangwena-akwifer

Toetse en navorsing is steeds aan die gang met betrekking tot die Ohangwena-akwifer. Die akwifer lê op ‘n diepte van 300 meter en ‘n boorprogram wat in 2007 begin het, is oor ‘n gebied van 2 800 vierkante kilometer uitgevoer. Die akwifer strek oor die grens tussen Namibië en Angola en word hervul uit berge in suidelike Angola. Daar is uitdagings omdat die massiewe varswaterbron onder ‘n dun rotsbank lê met soutwater bo. Calle Schlettwein, die Namibiese landbouminister gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste oor die Ohangwena-akwifer.