Schlettwein gee oorsig oor groenskemas

Die Uvhungu Vhungu-suiwelplaas in die Kavango-Oos-streek is vir ‘n tydperk van 25 jaar aan ‘n Namibiese en Indiese gesamentlike onderneming toegeken, nadat die regering buitelandse beleggers na die projekte genooi het. Ndakalimwe Investment CC, wat deur Josef Ndafediva besit word, het saamgespan met Zeuzer India. Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê dié projek en die drie groenskemas, Ndonga Linena, Uvhungu Vhungu en die Oranjerivier-besproeiingsprojek is geadverteer vir private sektor-deelname.  Die ander drie groenskemas, Shadikongoro, Sikonda en Etunda is nog nie geadverteer nie.