Sasria gaan R3,9 miljard ontvang

Die Nasionale Tesourie sê die Suid-Afrikaanse vereniging vir spesiale risiko’s, Sasria, gaan 3,9 miljard rand ontvang nadat parlementêre prosesse vir die Spesiale Toewysingswetsontwerp afgehandel is. Dit sal Sasria in staat stel om sy verpligtinge weens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng tot einde Maart volgende jaar na te kom. ‘n Woordvoerder, Cleo Mosana, sê die tesourie is egter bewus dat bykomende staatshulp ná Maart nodig sal wees. Sy beklemtoon Sasria het tans voldoende fondse  om alle geldige eise uit te betaal.