Sasria betaal R5,8 miljard aan onluste-eise uit

Sasria het onthul hy het tot op hede 5,8 miljard rand se eise uitbetaal aan Suid-Afrikaanse sakeondernemings wat beskadig is tydens die Julie-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die vereniging het vandag in ‘n gesamentlike verklaring met die Nasionale Tesourie gesê werk is aan die gang om skade te herstel en ondernemings by te staan om te heropen. Sasria sê byna alle eiskennisgewings is ontvang en in die proses om verwerk te word.