Saru se Alexander beloof opwindende verwikkelinge

Met die herverkiesing van Saru se president, Mark Alexander, sal die organisasie opnuut op ingrypende planne van die veld af fokus. Alexander sê voorkeursake van die veld af is steeds digitale inisiatiewe en skakeling met aanhangers. Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie is ook op die punt om ‘n private bate-transaksie te finaliseer wat die sport ingrypend sal vernuwe. Die Springbokke se 2022-internasionale seisoen begin 2 Julie teen Wallis op Loftus Versfeld.