Saron-verdagte bly agter tralies, saak uitgestel

Die verdagte van die moord op die 28-jarige Charmaine Saron het in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Die 33-jarige Erick Uwuseb is Sondag op Keetmanshoop in hegtenis geneem en aangekla van moord en dwarsboming van die gereg. Landdros Shikalepo Atutale het die saak tot 25 Augustus uitgestel vir verdere polisie-ondersoek en vir die beskuldigde om ‘n private regsverteenwoordiger te kry. Staatsaanklaer Arrie Husselman het borgtog teengestaan en Uwuseb bly in aanhouding. Saron se liggaam is twee weke gelede naby die Hosianna Kerk in Katutura met 24 meswonde gevind. Haar familie vermoed dat die beskuldigde nie alleen opgetree het nie.