SARB repokoers môre bekend

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal waarskynlik vandeesweek rentekoerse met ‘n verdere 25 basispunte verhoog tot 4,25 persent in ‘n poging om inflasie te vertraag, sê ekonome. ’n Peiling onder ekonome het gesê pryse kan vinniger styg as wat hulle verwag het voor Rusland se inval in die Oekraïne. Vyftien van die 19 ekonome het voorspel dat die repokoers op 24 Maart met 25 basispunte tot 4,25 persent sou styg, terwyl die oorblywende vier gesê het dit sal onveranderd bly. Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.