SARB kan rentekoers met selfs meer as 25 basispunte opstoot

Suid-Afrikaners sal moet wag om te sien of die Suid-Afrikaanse Reserwebank vandag die rentekoers gaan verhoog. Dit is wel ‘n moontlikheid weens die stygende oliepryse wat tot hoë inflasie lei namate die Russies-Oekraïense konflik voortduur. Statistieke SA het gister onthul inflasie staan op 5,7 persent, terwyl die prima uitleenkoers nou 7,5 persent is. Investec se hoof-ekonoom, Annabel Bishop, sê die rentekoers kan weens hoë inflasie selfs meer as 25 basispunte styg: