SARB besluit die week oor repokoers

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal na verwagting hierdie week die rentekoers onveranderd hou. Baie ekonome meen egter ‘n rentekoersverhoging kan eers volgende jaar ingestel word as gevolg van die huidige inflasiekoers. Daar word verwag die bank sal wel mettertyd die rentekoerse begin verhoog. In 2020 het die bank die rentekoers verlaag in ‘n poging om die sukkelende ekonomie weens die Covid-19-pandemie te ondersteun. Die repokoers staan tans op 3,5 persent.