Sapu vir vir teen-bende-eenheid

Die Suid-Afrikaanse Polisiërings-unie, Sapu, vra dat die stigting van ‘n teen-bende-eenheid in Gauteng bespoedig word om bendeverwante misdade te beperk en uit te wis. Dit volg op ‘n toename in bende- en dwelmverwante skietvoorvalle in die Westbury- en Newclare-woonbuurte. Sapu-woordvoerder, Lesiba Thobakgale, sê daar moet dringende optrede wees om bendeverwante misdade in die provinsie hok te slaan.