SAPS moet intree in KZN-massamoorde

Die ANC in KwaZulu-Natal sê die polisie moet vinnig optree om de massamoorde in die provinsie stop te sit. Dit volg na twee afsonderlike aanvalle Vrydagaand waarin minstens 14 mense dood is. Agt mense, insluitend ‘n 17-jarige meisie, is in Richmond dood en twee ander beseer toe gewapende mans op ‘n huis losgebrand het. In Inanda is ses mans buite ‘n snoepwinkel afgemaai. Die ANC sê dinge kan nie soos normaal aangaan nie terwyl misdadigers amok maak en vrees by gemeenskappe in ‘n demokratiese staat inboesem.