SAPD hou geestesgesondheidsberaad

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se afdeling vir werknemersgesondheid en -welstand het ‘n twee-daagse geestesgesondheidsberaad gehou vir sy werknemers by die Tshwane Polisie Akademie in Pretoria. Dit het ten doel om ‘n platform te skep om beste praktyk te beoefen en bewusmaking rondom geestesgesondheidskwessies te verhoog, asook om die stigma gekoppel aan geestesgesondheid met opvoeding te verander. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê werknemers in die operasionele omgewing ervaar dikwels werkverwante stres wat as gevolg van uiters traumatiese voorvalle kan wees, soos voertuigongelukke, moorde en ander gewelddadige en ernstige misdade.