SAOG se Grondwaterkonferensie vind tans in Windhoek plaas

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Grondwaterbestuurs-instituut in samewerking met Namibiese landbouministerie en ander streeks- en internasionale vennote bied tans die vyfde SAOG Grondwaterkonferensie in Windhoek aan. Die konferensie is veral belangrik in die SAOG-streek wat baie uitdagings in die gesig staar wat multidimensionele oplossings vereis om die vele tekortkominge op huishoudelike vlak aan te spreek. Imelda Mamba departementshoof van die waterlisensie-aansoeke van Aquaffection van Pretoria sê hoe die diefstal van water voorkom kan word.