SAOG-ministers onthuts oor sloerdery van Trans-Kalahari-spoorlyn  

Ministers in die SAOG-streek het hul kommer uitgespreek oor die vertraging in die bou van die Trans-Kalahari-spoorlyn wat Namibië en Botswana sal verbind. ‘n Ministeriële vergadering is in Windhoek gehou oor die vordering wat gemaak is met die konstruksie van die spoorlyn sedert die bilaterale ooreenkoms onderteken is. Hierdie streeksprojek, wat ‘n direkte verbinding met Walvisbaai vir Botswana wil voorsien, het blykbaar tot stilstand gekom. Botswana se vervoerminister, Eric Molale, waarsku die komitee teen burokrasie en hulle aangemoedig om met oplossings vir die projek vorendag te kom. Namibië se vervoerminister, John Mutorwa, het beklemtoon dat hy ook nie gelukkig is dat die projek nog nie afgeskop het nie, al is ‘n kantoor aan die sekretariaat-komitee toegeken.